Weg!

SENTRAAL-BOTSWANA

TSHOOTSHA

Hierdie dorpie, voorheen Kalkfontein, is naby die A2-pad in die Ghanzi-distrik.

26 Jungle Light Rest Camp

Hierdie kamp in die buitewyke van Tshootsha is ook bekend as Riana’s Campsite. Dis reg langs die A2. Kamp kos P150 (R209) p.p. En suite-safaritente vir 2 mense kos P660 (R917) p.n. Etes beskikbaar – bespreek vooraf.

00 267 76 549 800
(Riana, WhatsApp)

GHANZI

Hierdie Kalahari-dorp in die weste van Sentraal-Botswana is die middelpunt van ’n groot boerderygemeenskap. Jy sal dalk hier rond moet oorslaap indien jy van Botswana na Namibië wil ry (of andersom), maar die gawe gasteplase gaan jou dalk oortuig om langer te kuier. Dit bied unieke ervarings wat jy nie elders in Botswana kry nie.

27 Kalahari Arms Hotel

Dié hotel is op die dorp en het ’n restaurant en swembad. Kamers is vanaf P1 735 (R2 412) p.n. vir 2 mense; chalet vir 2 volwassenes en 2 kinders jonger as 12 kos vanaf P1 995 (R2 773) p.n. Die tariewe sluit ontbyt in.

00 267 659 6298
reservations@kalahariarms.co.bw
kalahariarms.co.bw

28 Sympõnia Guest House & Camping

Hierdie nuwe plek is 7 km noord van Ghanzi langs die A3. Daar is 6 netjiese kampplekke en 8 kamers en die restaurant maak lekker kos – vra vooraf oor hulle pizza-aand!

’n Kamer vir 2 mense kos P1 540 (R2 141) p.n., met ontbyt. Die gesinskamer (2 volwassenes en 2 kinders) bied goeie waarde vir geld teen P2 090 (R2 905) p.n., met ontbyt. Die kamers kyk uit oor die swembad en die kampterrein is net ’n entjie verder. Kamp kos P170 (R236) p.p.p.n. en P90 (R125) per kind 7-12 jaar. Die kleintjies bly gratis.

00 267 73 573 338
symponiaghanzi.com

29 Tautona Lodge

Dié lodge is op ’n 10 000 ha-wildplaas net 5 km noordoos van Ghanzi.

2023-tariewe: Kamp onder bome met kragpunte: P360 (R500) p.p.p.n. Tent vir 2 mense P450 (R626) p.p. wat deel. Standaardkamers vir 2 mense P870 (R1 209) p.p. wat deel, met ontbyt. Chalet vir 2 mense vanaf P1 360 (R1 890) p.p. wat deel, met ontbyt. Gesinschalet (vir 2 volwassenes en 2 kinders) P2 000 (R2 780) p.n., ontbyt.

00 267 75 608 359
tautonalodge@gmail.com

30 Ghanzi Trail Blazers

Volg die A3 vir 10 km suid van Ghanzi en draai dan af na regs – Trail Blazers is nog 6 km grondpad wes van die A3. 2023-tariewe: Kampplekke het water en krag: P120 (R167) p.p.p.n. Chalets vanaf P700 (R973) p.n. vir 2 mense.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Stap Hier
In die Langeberg buite Swellendam hou die sogenaamde uurkoppe oor die dorp wag. Dié vier prominente kruine – Tienuur-, Elfuur-, Twaalf- en Eenuurkop – reik almal tussen 1 100 m en 1 450 m die lug in. Volgens oorlewering het transportryers wat met vra
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit