Weg!

SUID-BOTSWANA

KGALAGADIOORGRENSPARK

Dié park, wat die gewilde Mabuasehube-deel insluit, is ’n bestemming vir 4x4-entoesiaste. Jy moet volkome selfversorgend wees: Vat álles saam.

10 Kampplekke in die Kgalagadi-oorgrenspark

Soos in ander Botswana-parke word verskillende kampplekke deur verskillende instansies bestuur. Die meeste van die kampplekke is in die oostelike deel, Mabuasehube.

Die kampplekke genaamd Mabuasehube en Mpayathutlwa (albei in Mabua) word deur die Inter-Tourism Group bestuur. Die res is openbare kampe en word bestuur deur die DWNP (Botswana se departement van wildlewe en nasionale parke): Entrance Gate, Bosobogolo, Monamodi, Lesholoago, Khiding, Matopi, Sizatswe, Thupapedi, Kaa, Swartpan, Gnus Gnus, Polentswa, Rooiputs en Two Rivers.

Drie kampplekke wat net op die wildernisroetes gebruik word, word ook deur DWNP bestuur: Sesatswe, Lang Rambuka (Polentswa-wildernisroete – neem drie dae om te voltooi) en Mosomane (Mabua-Nossob-wildernisroete – neem twee dae om te ry).

Jy kan die park uit Suid-Afrika óf Botswana binnegaan. Indien jy binne die parkgrens bly, kan jy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg6 min read
Wat Klip Ons Vertel
Vir die eerste seevaarders wat om die Kaap gevaar het, was Tafelberg hoofsaaklik ’n baken. Dié strak klipmassa, reeds vir kilometers sigbaar vanaf die oopsee, het bevestig: Die skip is nog op koers – maar niks meer nie. Tóé was daar nog nie sprake va
Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg8 min read
G’n Kortpad Deur Die Langeberg!
Die noodlot het ons van meet af aan getart. Ons eerste poging om die Swellendam-roete te stap het nie verder as die Marlothnatuurreservaat se kantoor gevorder nie. Toe ons die oggend vir die inligtingsessie aanmeld, het Adam Nel, die waarnemende veld