Weg!

OP PAD NOORDE TOE

KAKAMAS

1 Riemvasmaak

Hierdie nedersetting langs die Moloporivier is sowat 60 km noord van Kakamas. Jy kan by die bekende warmwaterbronne in ’n diep ravyn oorbly. ’n Selfsorghut met slaapplek vir 4 mense is R950 p.n.

Die kampterrein se ablusiegeriewe het storte en spoeltoilette. Kamp is R265 p.n. vir die eerste 2 mense, R75 p.p. ekstra; voertuie ingesluit – maksimum 6 mense per staanplek. Swem in die warmwaterbronne, ry ’n 4x4-roete (vanaf R265 per dag per voertuig) of gaan stap (gratis as jy oorbly; R35 p.p. vir dagbesoekers). Dagbesoekers word van 9 vm.-5 nm. toegelaat. Toegangstarief is R70 p.p. en R35 per kind 3-16 jaar.

073 383 8812 (Clarissa Adams/Henry Basson)

2 Augrabies-watervalnasionale park

Hierdie park, waar die Oranjerivier sowat 56 m na benede tuimel, is dikwels deel van dieselfde vakansie vir mense wat die Kgalagadi-oorgrenspark besoek. Dis sowat 37 km noordwes van Kakamas en het 59 selfsorghuisies met slaapplek vir 2-6 mense. Braaigeriewe, lugverkoeling en gemeenskaplike swembaddens. Huisies vanaf R1 175 p.n. vir 2 mense.

Die kampterrein het 40 staanplekke met kragpunte. Die staanplekke is op sand, maar hier is skadubome, groen grasperke en braaigeriewe. Die ablusiegeriewe is netjies. R300 p.n. vir die eerste 2 mense, R100 p.p. ekstra en R50 per ekstra kind jonger as 11 jaar (slaapplek vir 6 mense).

Vir die beste uitsig in die park, bespreek die Oranjekom-kothuis op die rand van die ravyn sowat 10 km van die ruskamp af. R2 040 p.n. vir 2 mense.

Bewaringstarief R60 p.p.; R30 per kind jonger as 11; gratis met ’n Wild Card – gaan na

wildcard.co.za. Die hoofhek is oop van 7 vm.-6 nm.

Ry die wildkykroetes (67 km – 91 km) in die park of stap die Dassieroete (8 km; gratis) of die drie dae lange Klipspringerroete (40 km; R330 p.p.).

054 452 9200 (ontvangs);

012 428 9111 (besprekings);

sanparks.org

3 Khamkirri

Sowat 25 (R100 per uur) of ’n trapbootjie (R150 per uur), gaan op ’n sonsondergangrit op die plaas (R250 p.p.), stap ’n 7-10 km-roete (gratis), roei op die rivier (R250 p.p.), of gaan op ’n sonsondergangvaart (R180 p.p.; gratis vir kinders jonger as 10) of ’n begeleide natuurrit (R380 p.p.).

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe

Related Books & Audiobooks