Weg!

BUITE DIE PARK

LANGS DIE R360: UPINGTON – ASKHAM

17 Kalahari Guesthouse, Camping & Farmstall

Sowat 50 km buite Upington en 120 km suid van Askham. Dié gastehuis het slaapplek vir 6 mense in 3 en suite-kamers met waaiers en/of lugverkoeling, elektrisiteit en gas. Dis selfsorgverblyf, maar etes is beskikbaar op bestelling en hier is braaigeriewe. R400 p.p.p.n.

Die boskamp het 2 selfsorghuisies langs ’n dam. Die huisies is met driedoringtakke gebou. Ligte, warmwaterstorte en spoeltoilette. Boshuisie met 2 beddens R750 p.n.; 4 beddens R950 p.n.

Die kampterrein langs die dam het ’n selfsorgkombuis met ’n tweeplaatstoof en ligte, braaigeriewe en ablusiegeriewe. R160 p.p.p.n.

Kameeldoringhout te koop: R35 vir ’n bondel; R80 vir ’n groot sak. Koel af in die swembad, stap, ry fiets, kyk voëls of koop lekkernye by die padstal (sien kassie op bl. 114).

073 194 2864 (Riana Loots);

kalahariguesthouse.co.za

18 Rooipan Gastehuis

Sowat 60 km suid van Askham. Hierdie gastehuis het slaapplek vir 6 mense in 3 dubbelkamers.

Hier is ook ’n tuinwoonstel met slaapplek vir 3 mense. Hier is ’n yskas, ’n gasstoof en ’n rak vol boeke oor die omgewing. Gaste het toegang tot die tuin, swembad, braaigeriewe en ’n kaggel. Wi-Fi is beskikbaar en hier is lugverkoeling. Selfsorg R450 p.p.; B&O R650 p.p.; B&O met aandete R900 p.p. (etes slegs op bespreking vir 6+ mense; hout gratis).

Gaan stap in die duine, of bespreek ’n skemerkelkuitstappie (R150 p.p.) na ’n hoë duin. Lizette Knoetze, die eienaar, sal jou meer vertel oor die geskiedenis, boerdery en plantegroei van dié dorre streek. Tot 72 voëlspesies is al hier geïdentifiseer, onder meer 11 verskillende soorte lewerike.

082 415 1579 (Lizette Knoetze);

rooipan@gmail.com

ASKHAM

19 Kalahari Sands-gastehuis

In Askham, langs die NG kerk. Rustig, gemaklik en in ’n voëlryke omgewing. Die selfsorgverblyf is in losstaande eenhede – sommige was vroeër

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg3 min read
SA Deur ’n Lens
Die Suid-Afrikaanse Fotograaf van die Jaar is ’n relatief nuwe kompetisie wat in 2021 op die been gebring is deur die fotograaf William Steel met die doel om ons diverse landskappe, wildlewe en kulture en die breër Afrika-kontinent te vier, en ook om
Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg6 min read
Briewe
Ek het hierdie vier witrenosters vroeg een oggend in die suidelike dele van die Krugerwildtuin teëgekom. Ek het gehou van hoe die son die haartjies op hulle ore vang (die renostervoël maak dit ekstra interessant) en hoe mooi hulle in die sagte lig ly

Related