ANTHEA HUL ENGEL
Hoe vind ’n mens vrede as jy hoor dat een van jou drieling gaan vir die res van haar lewe spasties en verstandelik gestremd wees? Veral wanneer mediese nalatigheid ter sprake is?
Dit het hom dekades geneem om daardie punt te bereik, sê Timmy Cloete (56) van die Bolandse dorp Wellington.
En tog het hulle die wonderlikste herinneringe aan Anthea, hul sonskynkind wat onlangs op 25-jarige ouderdom weens Covid-19 oorlede is.“Daar’s nie een foto waarop sy nie glimlag nie,” vertel hy.“Sy het die lewe met haar alomteenwoordige glimlag en borrelende laggie omarm."
Die afgelope 25 jaar kan net as ’n wipwarit vir die Cloetes beskryf word.
Timmy, tans werksaam by die plaaslike munisipaliteit se beplannings-en-ontwikkelingsdepartement, het op die Namakwalandse dorpie Okiep grootgeword. Hy het sy vrou, Anne (55), op Nababeep daar naby deur gemeenskaplike vriende ontmoet.
Twee jaar nadat hulle op 15 Desember 1990 getroud is, is hulle met ’n seun, Jorick (nou 30), geseën. Hulle albei kom uit groot gesinne en daar was by hulle geen twyfel dat daar waarskynlik nog twee Cloetetjies sou bykom nie.
’n Paar jaar later is die mat egter onder hul voete uitgeruk toe hul huisdokter hulle meegedeel het dat Anne nie meer kinders kon hê nie. Sy was op 28-jarige ouderdom in vroeë menopouse.
“Dit was vir ons baie traumaties,” onthou Timmy, wat nes sy vrou onderwys studeer het.“Ons is aangeraai om vrugbaarheidsbehandeling te probeer, wat uiteraard baie duur sou wees en geen waarborg op sukses kon bied
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days