Weg!

BRIEWE

Dit reën katte!

Ek en my man, Christo, was verlede jaar in September in die Krugerwildtuin. Die park was opvallend droog en kaal. Op die tweede dag het dit saggies begin reën. Ons was bly vir die natuur, maar was bang die weer sou ons wildkykplanne in die wiele ry.

Tog blyk dit dat koel reënweer presies is waarvan luiperds hou: Ons het 11 luiperds in net 6 dae gesien!

’n Skraal sonnetjie het een middag deur die misreën gebreek en ons het op hierdie pragtige kat op die S134-pad langs die Shingwedzirivier afgekom. Hy was ons derde luiperd vir die dag en ons het hom sowat ’n uur lank dopgehou.

’n Kuslyn van klip

Die roete na die ruïne van die East Fort bo Houtbaai is ’n maklike staptog met mooi uitsigte van Chapmanspiekrylaan, seisoenale watervalle en strome, welige fynbos en ’n inheemse woud in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related Books & Audiobooks