Huisgenoot

OPGESLUIT IN MY EIE KAS

SY HET presies geweet wat van haar verwag word toe sy Billie Jean King se minnares word: Bly op die agtergrond en moenie te veel aandag trek nie.

Dit was in die vroeë 1970’s en Marilyn Barnett het maar alte goed besef die wêreld is nie reg daarvoor dat een van sy grootste vrouesportsterre erken sy verkies vroue bo mans nie.

Dus het Billie Jean vir haar meisie gesê sy moes alles doen wat sy kon om hul verhouding ’n geheim te hou. Deur Marilyn as haar “sekretaresse en toerbestuurder” aan te stel kon hulle saam deur die wêreld reis en hotelkamers deel terwyl hulle toernooie bywoon sonder om te veel agterdog te wek.

Maar kort voor lank het Marilyn ongelukkig begin voel oor haar rol en seker gemaak sy is sigbaar elke keer wanneer die televisiekameras by toernooie en mediakonferensies op Billie Jean was.

Toe sy ’n belangrike onderhoud onderbreek om vir die tenniskampioen ’n avokado te probeer voer, was daar min twyfel dat iets aan die gang is.

Daardie geheime verhouding was so anders as hoe die Amerikaanse legende, wat tussen 1961 en 1979 altesaam 20 Wimbledon-enkel- en -dubbelspeltitels gewen het, haar haar lewe voorgestel het.

Sy het haarself belowe sy sou die konvensionele “goeie vrou” wees toe sy in 1965 met haar tienerliefde, Larry King, trou en haar maagdelikheid eers op hul huweliksnag verloor.

Daardie belofte het net drie jaar gehou. Nadat sy besef het sy kon haar seksualiteit nie teenoor haarself ontken nie, het sy ’n dubbele lewe begin lei. Sover dit die publiek

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related