Weg! Ry & Sleep

Ry reg rondom Brandberg

Hentiesbaai is bekend vir sy viswaters wat hengelaars van reg oor Suider-Afrika lok. Die eerste ou wat besluit het híér wil ek vir my ’n huisie bou, het hier opgedaag omdat hy dors was. In 1929 was Hendrik Stefanus van der Merwe, oftewel Hentie, aan die jag in die aangrensende binneland. Hy was op soek na ’n renoster, want ’n Amerikaanse museum het ’n groot beloning aangebied vir die volledige skelet. Nadat hulle die renoster gevind, geskiet en die bene afgekook het, het Hentie en sy geselskap se water begin opraak. Hulle is kuslyn toe en het suidwaarts begin beweeg tot hulle naby die monding van die Omarururivier drinkwater gekry het.

Nadat Hentie sy renosterbene verkoop het, het hy die volgende Kersfees teruggekeer na dié plek en vir hom ’n huisie gebou. En algaande het meer mense by “Hentie se baai” kom vakansie hou om weg te kom van die binnelandse bakoond.

Vandag is Henties oor somervakansies bedrywig, maar andersins is dit ’n rustige plekkie. Huisname soos DankiePa, Ougat en Hinderlaag getuig van ’n plek waar ’n Namibiese boer kan kom aftree, families saam kuier of, wel, mense dors raak vir meer as net water.

Dit is ook jou basis vir hengel verder teen die kus op, want dit is die laaste dorp waar jy voorrade kan aankoop. Maar wat van daardie dae wanneer die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep11 min read
Haak, Oos-Vrystaat!
Om die een of ander duistere rede bestaan die persepsie dat die Vrystaat vaal, plat en vervelig is, maar dit is ’n wanindruk, een wat sommige Suid-Afrikaners die provinsie net in die verbyry laat ervaar. As jy byvoorbeeld ’n Gautenger is, ry jy waars
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges

Related