Huisgenoot

MY LEWE SAAM MET AMY WINEHOUSE

DIS ’n dag wat hy nooit sal vergeet nie. Tien jaar gelede het Tyler James teruggekeer na die huis wat hy gedeel het met Amy Winehouse, sy beste vriendin en huismaat van byna ’n dekade lank. ’n Ambulans het buite geparkeer gestaan. Op die boonste verdieping is sy dood in haar kamer aangetref.

Twee dae tevore is hy daar weg. Dit was sy jongste taktiek om haar te laat ophou drink. Dokters was oortuig dat alkohol tesame met die uitwerking van bulimie haar dood sou beteken.

“Ek het nie meer idees gehad nie,” onthou hy.

Soos gewoonlik het sy hom ’n dag later gebel: “Is jy oukei? T, kom asseblief huis toe.”

Toe hy op 23 Julie 2011 sy sleutel in die deur druk, was ’n paramedikus in die gang – niks ongewoons met dié dat sy gedurig in haar ou gewoontes verval het nie. Maar toe daag nog ’n ambulans op en nog ’n paramedikus hardloop met die trap op. Dié keer was daar groot fout.

Amy was toe al drie jaar lank skoon van heroïen en crack. “Sy kry nooit erkenning daarvoor nie,” sê Tyler (39).

Die paparazzi, wat permanent buite die huis in Camden Square in Londen kampeer het, soos by haar vorige woonplekke, het alles tot en met haar dood vasgevang: haar uitgeteerde lyf weens bulimie, haar heroïenverslawing, haar selftoegediende wonde, haar vernietigende en dikwels gewelddadige verhouding met Blake Fielder-Civil – haar gewese man en die inspirasie vir haar lirieke vir die ongelooflike album van 2006. Ook haar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related