Huisgenoot

EK’S NIE WIE JY DINK EK IS NIE

PAMELA ANDERSON is die grootste deel van haar lewe deur die meeste mense as ’n dom en sedelose blondine veroordeel. Sy was skaars 22 jaar oud toe sy die eerste keer op Playboy se voorblad verskyn het. In 1992 het sy ’n bekende naam geword toe sy in die TVreeks Baywatch in stadige aksie in ’n rooi baaikostuum oor die Kaliforniese sand gehardloop het.

Die ster se warrelwindtroue met die Mötley Crüe-rocker Tommy Lee drie jaar later op ’n strand in Mexiko net vier dae nadat hulle begin uitgaan het, het haar reputasie gevestig as die ikoniese blonde bom en stoute meisie van haar generasie. Sy het ’n wit bikini as trourok gedra, haar strooimeisie was ’n vreemdeling wat sy die vorige aand in ’n nagklub ontmoet het; sy het nie eens geweet wat haar man se van is nie.

Toe die pasgetroudes se kluis minder as ’n jaar later uit hul huis gesteel word en iemand ’n seksvideo saamstel uit die privaat tuisvideo’s wat daarin was en dit begin verkoop – eers aan Penthouse en later aan die ganse wêreld via die internet – het baie mense gedink dit was ’n goedkoop reklameslenter wat die paartjie self bekonkel het.

Hulle het die verspreiders van die video probeer dagvaar, maar prokureurs het vir Pamela gesê sy het geen reg om haar privaat te wil hou nadat sy vir Playboy kaal poseer het nie. Die poniepers het haar as ’n slet uitgekryt, die paparazzi het haar lastig geval, haar huwelik was aan die verbrokkel, en toe Tommy haar in 1998 aanrand terwyl sy hul pasgebore tweede seun vashou, het sy hom gelos. Hy is vir ses maande tronk toe; hulle het geskei, toe versoen geraak, maar is weer uitmekaar.

Altesaam 25 jaar, nog vyf huwelike en talle -voorblaaie en werklikheidstelevisiereekse later, maak ek haar, oop en verwag om die asemlose dwaashede van ’n prikkelpop daarin te lees.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related