Toe ek as ’n jong verslaggewer in Zoeloeland begin werk, het ek gou die raad van ouer kollegas verstaan: ’n Klein dorp se gholfklubkroeg is ’n standhoudende bron van mites, dramas, verhale én soms ’n sopie wysheid daarby. Ek het my gholfklub gekry, en is onmiddellik met warmte aanvaar as een van dié wat daar hoort.
Een Woensdagaand daag ek laat ná werk by die klub op en gaan sit in my hoek by die kroegtoonbank met ’n bier. Andries en Koedoe wink my dadelik nader. Hulle groepie kuier duidelik al lank hier by die negentiende putjie, en hulle gesels vol bravade oor hulle ervarings met swartmambas, waarvan daar baie in