Huisgenoot

WERK OPLAAS – NOU HET EK WEER NUT

HAAR grootste vrees was nie vir die dood nie – nie eens toe sy deur ’n kankerdiagnose in die gesig gestaar is of breinchirurgie moes ondergaan om ’n gewas te laat verwyder nie.

Vir Marion Holm was dit eerder ’n nog groter nagmerrie om tydens die inperking nie te kon werk nie.

“My werk identifiseer my nie; dit bepaal nie wie ek is nie – dit is net dat ek nuttig wil voel, en ek het besef ek kan net nuttig voel as ek werk,” sê die aktrise, wat veral bekend is vir haar solovertonings waarmee sy gehore laat skaterlag.

En nou, ná ’n jaar waarin die coronaviruskrisis kunstefeeste en verhoogoptredes van die kalender gevee het, kan sy eindelik weer nuttig voel.

Marion (56) is terug op die wat op Woensdag- en Sondagaande uitgesaai word.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related