Landbouweekblad

Groot Boerbokplanne op minder as 2 ha

Sommige boere se plase verdwyn op die gesigseinder waar die horison in ’n newel van rantjies verdwyn. Ander boere se grond is omtrent so groot soos die lengte van ’n goeie Tom Petranoff-gooi, maar die soeke na hoëgehalteproduksie staan nie ’n duim terug vir die groter eenhede nie.

’n Entjie buite Rustenburg in Noordwes het mnr. Clarence Rossouw vir hom reeds die afgelope 15 jaar ’n kleim afgesteek as kommersiële veeboer wat eers met beeste, later met Dorperskape en nou ook as Boerbokboer en restaurateur woeker.

“Hoewel ons die afgelope 15 jaar reeds kommersieel met Brahmanbeeste, Boerbokke en Dorperskape boer, is die stoet-ervaring vir ons nuwe terrein,” sê hy.

Daar is tans 150 Boerbokooie op die plaas, waarvan 70 stoetooie, 50 kuddeooie en die res “kommersiële slaggoed” is, soos Rossouw hulle noem. “Daardie ooie staan definitief nie terug vir die ander nie, maar daar is ’n fenotipiese kwessie hier of daar wat teen hulle tel.”

Die stoetbedryf is mededingend en om jouself te onderskei, moet jy oor die beste bewese teelmateriaal beskik.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh

Related