Rapport

PLAASMOORDE ‘Trots op SA, maar ek móés uitpraat’

In die sekondes nadat hy verlede Saterdagnag as die wenner van sy heel eerste stryd op die grootste verhoog in gemengde gevegskuns aangekondig is, het Dricus du Plessis reguit na die kamera gekyk en twee woorde geskree.

“Suid-Afrika, pappie!” het hy met ’n groot glimlag laat hoor.

Toe ’n mikrofoon net daarna onder sy neus gedruk is, het die 26-jarige Pretorianer gewéét hy kon nie net babbel oor die linkerhaakhou waarmee hy Markus Perez neergevel het nie. By die huis was dit chaos, in die nadraai van die sinlose moord op die jong plaasbestuurder Brendin Horner. Dit het te swaar op Du Plessis se hart gedruk om nie daaroor te praat nie.

“My land is deur so baie oor die jare, Suid-Afrika gaan nou deur soveel,” het hy gesê.

“Ons het plaasmoorde wat die hele land oorrompel, dis iets ongelooflik. Mense word elke dag vermoor, maar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport1 min read
Maimane ’n Dogter Ryker
Mmusi Maimane, hoofaktivis by die One South Africa Movement en oudleier van die DA, het weer pa geword. Maimane het gister op Twitter aangekondig dat sy vrou die lewe geskenk het aan hul derde kind. Die babadogtertjie se naam is Kutlwano-Grace. “Ons
Rapport1 min read
Pasop Vir Fopnuus
Van die boodskappe en video’s wat gemoedere in brandgeteisterde dele van die land onnodig opjaag sluit in: ■ ’n Video van kinders wat in ’n stuk droë veld hardloop wat hulle klaarblyklik aan die brand gesteek het. ’n Man-stem sê: “Kyk die bogghers wa
Rapport3 min read
Dis John Vs. Mbali (jy’s Nie Genooi Nie)
Alle paaie lei volgende naweek na Zoom vir die DA se aanlyn federale kongres, waarop die party nuwe permanente leiers kies. Terwyl John Steenhuisen, tussentydse leier, die gunsteling is om Saterdag as permanente leier verkies te word, het sy opponent

Related