TIK-tik, dartel-dartel. Hoe lyk ons taaiste tier dan nou so katvoet?
Tik-tik met daai vuiste, treetjie vorentoe, treetjie terug.
Só versigtig ken ons hom mos nie?
Maar daar’s iets in die oë – die afwagting van ’n tier wat weet sy prooi gaan nog bloei. Want hy weet iets wat hulle nie weet nie, dít het hy mos lankal gesê.
’n Skoppie hier, ’n vinnige hou daar. Die skare brul, die ligte flits.
Ronde een dreun verby. Ronde twee, en dis hý wat ’n harde hou teen die linkeroog kry. Dit swel toe, nou’s hy eenoog.
“Dis die eerste keer dat my oog tydens ’n geveg sommer heeltemal toeswel,” sou hy eers later bely.
Maar nou’s dit eers ronde drie van koesdans in die kryt. Skop-skop hier, steekhou daar. En dan, net so, is Stillknocks moeg vir speel.
Want dis ronde vier, genoeg van , dis tyd vir . Dis nie meer sweet wat Dricus du Plessis hier net ’n paar dae ná sy