Kuier

HOOPVOL DEUR KANKERHEL

As sy vir haar jonger self een les kon leer, sou dit wees om sonroom te gebruik en soveel moontlik uit die son te bly.

Cheree McEwen (39), veg nou al die afgelope ses jaar verbete teen fase vier metastatiese melanoomkanker (velkanker) nadat sy op 33 gediagnoseer is met dié siekte. Cheree van Queenstown in die Oos-Kaap, was vir 15 jaar ’n onderwyser totdat die kanker te erg begin word het, waarna sy verskeie skoonheidskursusse voltooi en ’n skoonheidsalon tuis geopen het.

“Dit het begin met ’n klein moesie op my arm wat uiteindelik ’n tumor so groot soos ’n gholfbal onder my vel was,” vertel dié blondekopvrou met die mooi glimlag. Teen die tyd wat dokters die kanker gevind het, was dit klaar in fase drie en sy moes ’n enorme operasie ondergaan om verskeie letsels, tumors en kliere te laat verwyder.

Sedertdien ondergaan Cheree konstant behandeling en operasies. Dokters het ook al tumors verwyder uit haar bors, maag en heupe. “Dis non-stop. Ek dink nie twee maande het al verbygegaan sonder dat ek ’n operasie of behandeling gekry het nie.”

Maar kanker kry nie sommer vir Cheree onder nie. Sy het tot en met twee maande gelede gewerk as skoonheidstegnikus om haarself en haar twee seuns te onderhou. Maar op die oomblik maak die kanker haar so siek dat sy nie meer kan werk nie.

VREEMDELINGE HELP

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier4 min read
Wat Die Hart Van Vol Is
Net voor ek moes skool toe gaan het dokters en familie gesê dis beter as ek na ‘n spesiale as ‘n hoofstroomskool gaan weens breinbeserings wat ek in ‘n motorongeluk opgedoen het. Ek was net twee jaar oud en die skade het my linkerkant verlam. Maar my
Kuier2 min read
Boodskappe
“'n ‘Gangstar’ duisend!”, 11 April Lamees Petersen, jy kan voorwaar trots wees op jouself en jou kinders op hul mamma. As jou hart op die regte plek is, kan jy alles vermag. Ek hoop daar is ander wat jou voorbeeld sal volg. EDNA BOTHA Ek het nie gewe
Kuier1 min read
Groot Woordbou
NR. 167 asbes aanwend apostel bandana bewus bloekom chevron dekaan defek engelvis elektries fakkel feodaal genetika glans hersenskim hokkie integrasie intap jonk janfiskaal kalk kapoet kompas landelik leuen minstens moltrein myner natuur Newton oopst

Related