EK’T so ’n bos bruinbrons hare gehad. Ek onthou dit was ’n reënerige dag en my hare val om my uit en ek begin huil. My ma sê toe sy gaan my en haar hare saam skeer. My anties en niggies het ook hulle hare saam my geskeer. Dit was een van my mees precious memories as kind.
Dit het begin toe ek vier jaar oud was. Vier tot agt kan ek mooi onthou, was ek regdeur in die hospitaal. Toetse op toetse en scans en chemo.
Een aand het my antie my gewas en toe gevra of die knoppie onder my arm seer is.
Ek het gesê nee, en my ma het