THERESA GELDENHUYS (48), VERPLEEGSTER, DURBANVILLE
‘EK KAN onthou, as enigiemand seergekry het op die sportveld of by die skool, was ek die eerste een daar om skoon te maak en te troos.
Dit was in my gene. My ma is opgelei as verpleegster. Nou nie haar opleiding klaargemaak nie – sy was so ’n paar maande kort. My ouma aan my pa se kant het in die Tweede Wêreldoorlog in Rhodesië ook verpleeg.
As kind was dit altyd my ma wat gehelp het as ek seerkry. Maar sy was ook een vir tough love.
Daar was waterpokkies in die omte. Ek het een oggend wakker geword en glad nie lekker gevoel nie. Sy’t gesê: “Ek weet wat fout is, jy wil nie daai toets gaan skryf nie. Gaan maar skool toe.”
Die volgende oggend by die