Weg!

Kultuur, canyons en kondors

Vroeg een oggend in Mei 2018 staan ons hoog op ’n krans in Peru tussen talle bergspitse. Die hange is grasgroen en die mis dwarrel om ons. Elke nou en dan lig die wasigheid en kry jy ’n vlugtige blik op die valleie en rivier doer onder. Toeriste maal rond, maar die toneel voor jou is betowerend en jy let hulle skaars op. Jy staan verstom oor die Inkas se vasbeslotenheid om ’n kliptempel op so ’n onherbergsame plek te bou.

Welkom by Machu Picchu, hoog in die Andesgebergte!

Peru is effens groter as Suid-Afrika met drie geografiese gebiede: Langs die 3 000 km lange kuslyn lê ’n woestyn, ’n verlenging van Chili se Atacamawoestyn. Net sowat 100 km binneland in verrys die Andesgebergte uit dié landskap; nóg sowat 100 km oos val die bergreeks weg tot onder op die reënwoudvloer. Hier stu honderde riviere en strome deur tropiese ruigtes; almal op pad na die moeder van riviere – die Amasone.

Dis in hierdie uiterste landskap waar antieke volke met Spaanse invloede saamgesmelt het om uiteindelik die moderne Peru te vorm.

Die wêreld se naeltjie

Cusco is die oudste stad in die Amerikas waar daar nog altyd mense gewoon het. Dit was die hoofstad van die uitgebreide Inka-ryk van die 13de eeu tot die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related