Weg!

Kruine en woestyne

Ons vlieg Argentinië toe en reis tot by El Boson, ’n dorpie in die middel van die land aan die voet van die Andesgebergte. Dis middel Mei en die sneeu val reeds plek-plek. Ek en Hanlie was nog altyd gaande oor berge. Die Andes strek oor 7 lande en oor meer as 7 000 km – dis die langste bergreeks op aarde. Hier is van die hoogste spitse ter wêreld, verskeie vulkane en die ruïnes van antieke beskawings.

Die plan is om van El Boson af noord te ry en deurentyd so na en hoog as moontlik aan dié bergreeks te bly. In die winter sluit die bergpasse tussen Argentinië en Chili gereeld weens sneeustorms; dus hou ons aan die Argentynse kant.

Die volgende dorp, Bariloche, is een van Argentinië se eersteklas skibestemmings, maar dis nog te vroeg om die hellings te takel. Noord van Bariloche wag die pragtige Route of the Seven Lakes. Ons het al dié meregebied besoek, maar nie so na aan die winter nie. Hierdie keer is dit yskoud en die busse vol toeriste is nêrens in sig nie.

Die omgewing is in herfskleure getooi: geel, bruin, rooi. Op pad na San Martin de Los Andes trek ons dikwels af en trotseer die snerpende koue om foto’s te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related