Weg!

Luister na die sandsteen se stories

Dagsê ou grote, groet ek die Titanic Rock, ’n enorme sandsteenkrans wat bo hierdie hoekie van die Oos-Vrystaat uittoring. Ek is op pad na die St. Fort Country House ’n klipgooi suid van Clarens af.

Clarens is ’n mooi dorpie en nie ver se ry van Johannesburg, Pretoria, Bloemfontein óf Durban af nie. Hier’s heelwat kunsgalerye, handwerkwinkels, kroegies en restaurante. Maar ek’s nie hier vir kurio’s en pannekoek nie; ek het die nuwe Clarens San-Traverse kom stap.

Dié staproete was die idee van Julia Invernizzi van Spekboom Tours. Dit strek van St. Fort af oor 41km deur die Rooiberg en weer terug dorp toe. “Ek was nog altyd gaande oor hierdie deel van die Vrystaat,” vertel Julia die aand om die braaivuur. “Golden Gate se gewilde Ribbokstaproete is net om die draai. Maar daar het stappers nie ’n gids nie, en jy oornag in ’n basiese hut.

“Ek het ’n gaping in die mark gesien: Clarens het ’n magdom lieflike gastehuise, maar geen begeleide slenterstaproete nie. Ek en Adrian Clarke van Alien Adventures het koppe bymekaargesit, en uiteindelik het ons op hierdie roete

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg12 min read
Onder Die Radar
“Suid-Afrika was die enigste land in die Gemenebes van Nasies wat tydens die Tweede Wêreldoorlog vroue as soldate opgelei het,” sê dr. Wim Myburgh waar ons in ’n koffiewinkel op Pringlebaai sit en gesels. “En nie net in een nie, maar twéé spesialiskr
Weg3 min read
Die Mense Het Gepraat
Die wenners van die 59ste kompetisie Natuurlewefotograaf van die Jaar is einde laasjaar aangekondig. Maar met dié dat daar bykans 50 000 inskrywings was, het die beoordelaars besluit om nog 25 uitblinkers te kies, en lede van die publiek kon vir hull
Weg12 min read
Oor Grense Heen
Grense is eienaardige goed, oor die eeue heen het mense dit lukraak geskep om die belange van die groep binne die grens te beskerm en natuurlik om ander uit te hou. Kyk jy na ’n kaart van Afrika, sien jy telkens die mees dwaas van alle landsgrense: L

Related