SARIE KOS

Dankie, Pa!

DEK JOU TAFEL SO Vul ’n paar glashouers met enkelstamblomme of blare uit jou tuin en groepeer die houers saam in die middel van die tafel. Die kombinasie van sagte blare en harde teksture is treffend.

Die ballondekor vir ons fotosessie is deur die Cape Town Balloon & Event Company gedoen. Hulle gebruik net 100% bio-afbreekbare ballonne waarmee hulle ná elke geleentheid verantwoordelik wegdoen. Besoek capetownballoon.co.za vir meer inligting.

DEAN SMITH Suidooster-akteur

In die regte lewe is Dean, wat die rol van Wade in dié gewilde Kaapse sepie vertolk, die seun van John James Smith. Hy spot altyd en sê sy pa is ook in die TVbedryf as mense hom vra wat hy doen. “Ek is op die skerms, party mense werk agter die skerms, en my pa fix die skerms. Hy is ’n televisietegnikus en sakeman.”

Hoe sal jy jou verhouding met jou pa beskryf?

As fun. Hy is die joker in die huis en vertel daardie tipiese dad jokes, wat volgens hom die snaaksste in die wêreld is! Hy is ook die tipe pa wat sy bes doen om my sussies in winkelsentrums te embarrass. Hy kry dit natuurlik nie met my reg nie, want ek leef vir sulke oomblikke.

Wat het jy by jou pa geleer wat jy eendag aan jou eie kinders sal wil oordra?

My pa sê gereeld: “Money makes the world go round, but character whispers a golden sound.” Al drie ons kinders ken dit uit ons kop.

Watter kosherinneringe deel jy met jou pa?

Dit was altyd vir ons wanneer ons die dag Canal Walk toe kon gaan; ons het nie baie aangetrek en dan het ek en my pa altyd ’n shawarma by Anat gekry. My ma en susters was glad nie nie, maar dit was my en my pa se .

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS7 min read
Presto! Pesto
● ’n Vrou se kragtoer ● Waar kom die naam vandaan?● 6 resepte met pesto Wanneer Kathleen Quillinan met haar klein Fiat 500 deur die verkeer vleg, word sy gereeld begroet deur ’n getoeter. Saam met vriendelik-waaiende hande en uitroepe: “Mal oor jou
SARIE KOS4 min read
Tafelstories
As kind het ’n versiende diabeet met ’n papegaai op haar skouer (“Koppiekrap, ek kom vir jou, ek kom vir jou!”) my hare in ’n karavaan agter ’n Friendly Grocer gesny. Haar signature style was die “Pispot Pizazz”. Ek moes al my skoolfoto’s verbrand. E
SARIE KOS1 min read
Sarie Kos
REDAKSIONELE SPANREDAKTEUR Michélle van BredaKOSREDAKTEUR Herman Lensingherman.lensing@sarie.comSKRYWER Lydia van der MerweSKRYWER Marzanne Schoeman 060 904 5090ONTWERPDIREKTEUR Anel StapelbergTEKSREDAKTEURS Natasja Lochner & Anine CapraroREPRODUKSIE

Related