Landbouweekblad

SPESIAAL VIR PA

Landbouweekblad-redaksielede van hul herinneringe aan spesiale etes en hul pa’s se gunsteling-eetgoed.

DIRK LAMPRECHT, sakebestuurder

Ek onthou as kind was ons heel lekkerste vakansies om te gaan kampeer, veral in die Krugerwildtuin tydens die Aprilvakansie rondom Paasnaweek. Gewoonlik was ons ’n hele gros mense en dan het my pa, Nick, altyd hierdie heerlike skaapskenkel-en-droëperskepotjie gemaak.

Skaapskenkelpotjie met droëperskes

■ 45 ml olyfolie
■ 2 kg skaapskenkels, in skywe gesaag
■ Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
■ 2 groot uie, in wiggies gesny
■ 1 elk geel en rooi soetrissie, in repe gesny
■ 1 pak (250 g) spekvleis, gesnipper
■ Water of flou vleisaftreksel
■ 1 sakkie (1 kg) baba-aartappels
■ 25-30 ml matige kerriepoeier
■ 250 ml elk blatjang en lemoensap
■ 5 ml borrie
■ 3 ml elk gemaalde koljander en neutmuskaat
■ 1 groot pak (500 g) droëperskes

Maak jou pot lekker warm oor die kole. Gooi die olyfolie in die pot en braai die skenkels (gegeur met sout en peper) daarin bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die uie, soetrissies en die helfte van die spekvleis in die pot tot dit begin sag word. Voeg die skenkels weer by. Voeg net genoeg water of flou vleisaftreksel by om die vleis te bedek en verhit tot kookpunt. Sorg vir net genoeg kole onder jou pot om die pot rustig te laat prut, vir

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
Nuut & nuttig
Jannie Myburgh, ’n boer van Ermelo wat bekend is om sy selfontwerpte plaaswerktuie, het nou ’n padskraper ontwerp wat vir intensiewer skraapwerk direk aan die trekker se driepunt gekoppel word. Jannie sê die behoefte het ontstaan weens die swak toest
Landbouweekblad1 min read
Teler Kraai Koning Met Haantjie Van R11 000
Willie Schmidt van Stellenbosch het ’n Sebright-bantamhaan en -hen vir onderskeidelik R11 000 en R8 600 verkoop op ’n veiling deur Poultry WhatsApp Auctions. “Dit is ’n prestasie om só ’n hoë prys vir ’n Sebright te behaal,” sê hy. “Die openingsbod o
Landbouweekblad1 min read
Pryse By George Styg Met Byna 13%
In die Wes-Kaap toon 62% van die distrikte gunstige prysneigings vir die 12 maande tot Februarie 2024. Daar was 609 transaksies groter as 10 hektaar in hierdie tydperk in 27 distrikte, en 267 461 hektaar is vir R6,139 miljard verhandel. Die grootste

Related