Landbouweekblad

Nic se kosreis

Resepte: NIC VAN WYK

EIETYDSE SOETSUUR LEWER

My ouma het kleintyd altyd vir ons lewerkoekies en soetsuur lewer gemaak. Ek hou deesdae van jag en elke keer as ek ’n bok skiet, maak ek die lewer op my manier gaar in ’n pan oor die kole. Jy kan ook skaap- of beeslewer gebruik.

■ Kanola-olie vir braai

■ 1 groot ui, in dun ringe gesny

■ 400 g lewer, skoongemaak en in skywe gesny

■ 1 knoffelhuisie, fyngekap

■ 100 g bruinsuiker

■ 250 ml bruinasyn

■ 1 pakkie bruinuiesoppoeier

■ Sowat 150 ml warm water

■ 20 ml worcestersous

■ Fyn sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit die olie in ’n pan op die stoofplaat (of doen dit sommer oor die kole) en braai die ui tot bruin. Voeg die lewer by en braai vir 3-4 minute tot bruin. Voeg die knoffel by en braai vir nog 1 minuut. Verlaag die hitte, voeg die suiker by en braai alles vir 1 minuut. Gooi die asyn by en roer goed deur.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Troef Die Koue Met ’n Pot Kerrie
Dié vullende kasserol is heerlik en smulsag. ■ 1,4 kg beesskenkelskywe■ Sout en varsgemaalde swartpeper■ 5 ml geroosterde kerriepoeier■ 1 knoffelbol, gehalveer■ 2 uie, in wiggies gesny Marinade ■ 250 ml sterk, koue rooibostee■ 60 ml worcestersous■ 1
Landbouweekblad3 min read
‘Jy Moet Iemand In Die Oë Kyk’
Vrystaat Landbou het in 1904 ontstaan en julle het die 120-jarige bestaan in Maart 2024 gevier. Watter ooreenkomste sien jy tussen die kwessies wat boere 120 jaar gelede moes trotseer en vandag? Elke tydperk het verskillende probleme gehad. Die boere
Landbouweekblad9 min read
Die Laaste Rit
Omstreeks 07:00 op Maandag 19 Februarie vanjaar klim die Zimbabwiese aktivis Ben Freeth vir die laaste keer op sy sterk Namibiese plaasperd Johnny. Voor hy sy voet in die stiebeuel sit, mompel hy sag: “Oukei, Johnny, oukei . . .” Die twee het ’n lang

Related