Huisgenoot

PROE-PROE TOT BO

BERENE SAULS (37), WYNMAKER

WINGERDE rus op die oomblik. Dan moet dit weer warm begin raak – lente. En dit mag maar reën. Dit moet net nie baie warm raak nie, want dan is die wingerd confused.

Verlede jaar kon ek 16 hektaar grond kontant koop om pinot noir-en chardonnay-druiwe te verbou. Voor dit moes ek druiwe aankoop om my wyne te maak. Nou kan ek amptelik begin boer.

Ek en Julius Caesar deel ’n geboortedag: 12 Julie. My ma het kleintyd gesê ek is voorbarig, maar eintlik wat sy bedoel het, is dat ek nie skaam is nie; dat ek selfvertroue het.

Ek het grootgeraak hier op die dorpie Tesselaarsdal tussen Caledon en Hermanus. Dis sowat 24 km noordoos van die Hemel-en-aarde-vallei. My familie het met die paadjie oor die berg Stanford toe gestap

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related