SARIE

‘Manswerke’ húl kos

Ek perk my nie in in boksies nie

Sanette Robinson, skeepsloods verbonde aan die Transnet Nasionale Haweowerheid

Dié wat weet, sê dit verg heldemoed.

Om van die wêreld se imponerendste en grootste skepe die hawe in te bring. Soos die fabelagtige Queen Mary 2, ’n volle 345 m lank en 149 215 ton swaar. En vragskepe groter as geboue, langer as ’n rits rugbyvelde. Die wind en hoë golwe verg ál haar stamina. Elke oomblik moet sy skerp wees, paraat.

Sonder veel fanfare verduidelik Sanette Robinson haar reuse-taak: “Ek navigeer skepe veilig in en uit die Kaapse hawe. Ek klim op see op die skip en hanteer dit met die hulp van sleepbote tot binne-in die hawe, totdat die skip vasgemeer is.

“Dít is die gevaarlikste deel van my werk – om met daardie wind en golwe op en af van die skepe te klim.”

Op skool wou Sanette ’n veearts word, maar vandag is sy al tien jaar lank skeepsloods in die Kaapse hawe, saam met nog ses vroue en twaalf mans.

Jou oë rek as sy meer oor haar werk vertel, maar Sanette laat dit maklik klink . . . “Dit hou my op

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE4 min read
16 Blaaie Vir Die Ontspan, Die Probeer En Die Pret!
DWARS 7 Te perd (6)8 ’n Mooi man (6)9 Ekonomiese insinking (8)10 Begeer (4)11 Wat bestaan (4)12 Kombineer (8)14 Poort (8)16 Godsdienstige gebruik (4)18 Bondel druiwe (4)20 Ondermyn (8)22 Alarm (6)23 Vroeër (6) AF 1 Ervaar (6)2 Oor argumente praat (8
SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer
SARIE6 min read
WENNERS NÉS MA & PA
Resepteboekskrywer Marisa de Bruyn oor modeontwerper-ma Marianne Fassler Toe Marisa de Bruyn van Ladybrand in die Oos-Vrystaat ’n resepteboek-projek aanpak, ten bate van haar kinders se skool, kon sy put uit die kreatiwiteit van drie generasies vroue

Related