Weg!

’n Dromer wat doen

“An average life lasts 30 000 days and it is our duty to make every one count, to make the most of each passing minute. We don’t come into this world to be simple bystanders to our own existence.”

Só skryf Mike Horn in sy nuwe boek, Dream of a Lifetime. Die boek is ’n boeiende vertelling van sy wêreldrekord-ekspedisie in 2017 toe hy Antarktika alleen deurkruis het.

Mike het 5 100 km in 57 dae gereis – te voet en met die hulp van ’n vlieërski – en ysskeure, gletsers en temperature van tot -50 °C (en ’n ontwrigte skouer!) trotseer.

Op een van my (hopelik) 30 000 dae op Planeet Aarde kry ek die geleentheid om ’n uur lank met Mike in ’n hotel in Groenpunt te gesels. Hy is op ’n blitsbesoek aan Suid-Afrika om sy boek bekend te stel. Hy is in Johannesburg gebore, maar woon al dekades lank op die Switserse dorp Château-d’Oex. Nie dat hy gereeld by die huis is nie. Drie aande tevore het ek hom nog op televisie gesien by die gesogte Laureus-sportpryse in Berlyn (Mike is ’n lid van die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg3 min read
Stap Teen Jou Eie Pas
Laat in Maartmaand was Jasmin Paris se foto oral in die media. Die een waar sy sommer met haar rugsak nog vasgegord inmekaargesak het. Haar bene is die ene skrape en modder, haar hare hang in sweterige slierte om haar gesig en dié spreek van ’n uitpu
Weg8 min read
’n Sagter benadering
Die lees van die woord “wildernis” vuur in baie stappers se gemoed ’n noodfakkel af. Hulle hou van stap en buite wees, maar soek sekere geriefies: ’n hut, spoeltoilet, gemerkte roetes… daai soort ding. Dit skep die verwagting dat jy deur digte plante

Related