Weg!

’N NAWEEK OP DIE GOUDDORP

Dis verbasend modern dat ’n geskiedkundige goudmyndorp uit die 1800’s QR-kodes gebruik om toeriste meer oor die plek te leer. Maar dan, dié dorp was die tweede landwyd om elektrisiteit te kry – sommge beweer nog selfs voor Londen.

Die QR-kodes is in November 2019 op geboue van belang aangebring sodat geskiedenisboffins met slimfone meer oor die betrokke gebou en sy inwoners kan leer.

Die projek word bestuur deur René Reinders met die ondersteuning van die departement van kultuur, sport en ontspanning in Mpumalanga. René is getroud met Johnny Reinders, die dorp se legendariese restaurateur en kroegman. René is ook betrokke by die instandhouding van verskeie museums op die dorp.

“Die geskiedkundige inligting was alles in haar kop,” vertel die toergids Sherry Goodwin, wat duidelik beïndruk is met René se kennis en haar bereidwilligheid om die tegnologie in te span om toerisme te bevorder.

Die QR-kode is net een manier hoe die dorp weer aan die gang probeer kom ná ’n dekade van munisipale verval, korrupsie en die uittog van vele sakemense en inwoners.

Nuwe restaurante het sedertdien oopgemaak en dinge lyk rooskleurig.

Verlede Desember het die Mpumalangatoerisme-en-parkeagentskap die Pelgrimrus Revitalisation-inisiatief van stapel gestuur om

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Stap Hier
In die Langeberg buite Swellendam hou die sogenaamde uurkoppe oor die dorp wag. Dié vier prominente kruine – Tienuur-, Elfuur-, Twaalf- en Eenuurkop – reik almal tussen 1 100 m en 1 450 m die lug in. Volgens oorlewering het transportryers wat met vra
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit

Related