Weg! Platteland

Onder die Draak se ribbekas

Op Underberg is ’n mens deurentyd bewus van ’n groter “teenwoordigheid”. Dit is ook nie moeilik om agter te kom wat dit is nie: Net wes steek uKhahlamba gate in die wolke. ’n Stapel regop spiese, sê die Zoeloes. ’n Berg vol drake, het die Voortrekkers dit genoem. Enorm en vol geheime soos ’n slapende oerdier. En hier teen hom, reg onder sy ribbekas, lê Underberg.

Die dorp is klein en in die somer ’n ongelooflike geilgroen. Vol vlammende populiere in herfstyd. Ysig en baiekeer sneeuwit in die winter. Die naam is afgelei van die dorp se ligging: nie net aan die onderkant van die suidelike Drakensbergreeks nie, maar ook reg onder die kleiner Hlogomaspits wat oor die dorpie uitkyk.

Dit was juis Hlogoma wat die regering aan die einde van die negentiende eeu laat besluit het Underberg is nie veilig nie. Hulle het geglo die vyand kan maklik die nedersetting van die spits af binneval en daarom is Himeville, met ’n polisiefort, toe 5 km noord van Underberg gevestig. Daarna is Himeville, en nie Underberg nie, amptelik as “die dorp” beskou

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Klein River Boks Teen Die Grotes
By die jaarlikse Wêreldkaastoekennings, aangebied deur die Britse Guild of Fine Foods, het Klein River se Overberg-kaas ’n goue medalje gewen – een van slegs drie Suid-Afrikaanse kase wat dit kon vermag. Dis die jongste van ’n hele rits pryse vir hie
Weg: Platteland14 min read
Herfsfees Vol Kleur En Geur
In die koswêreld is Errieda du Toit niks minder nie as ’n legende. Saam met wyle Francois Ferreira was sy byna 15 jaar lank die een helfte van die geliefde Huiskok, Glanskok op RSG voordat sy in 2014 op haar eie voortgegaan het met Die kos wat ons ke
Weg: Platteland1 min read
Stilte In Die Bos
– Dalsig, Stellenbosch – Jare gelede toe ek op Stellenbosch gestudeer het, was dit nog ’n ware studentedorp – mense het die hele plek vol gestap en daar was nie al die motors van vandag wat soveel verskriklike verkeersknope veroorsaak nie. Deesdae ka

Related