Weg! Ry & Sleep

Terug op die agterpaaie

Jy het pas in die KwaZulu-Natalse Suidkus uitgespan en elke ledige uur agter die braairooster geniet. Elke nou en dan het jy wéér gespog met die Bokke se Wêreldbekerkroon terwyl die kinders in die branders baljaar.

Vóór jy begin oppak, gaan sit en oorweeg die paaie en roetes waar daar sand en klip onder die bande is en waar die uitsig jou sal omboul. Dit gaan jou waarskynlik agt dae neem om by die huis te kom (ingesluit is die opleidingsessie by die laaste bestemming), maar sien dit so: Jy vermy al daai irriterende tolhekke en die meeste van die duisende Suid-Afrikaanse toeriste wat die langpad terug huis toe aanpak.

SPRING WEG IN Kingsburgh en kies koers in die rigting van Gauteng. ’n Rit deur suikerrietplantasies met die R603 bring jou by die Gwahumbe-spa-en-lodge uit – ’n luukse oord wat ook ’n verskeidenheid roetes vir 4x4-entoesiaste bied. Draai links van die R602 af in die rigting van Mid-Illovo (by S29.911744 E30.583025); net ná die enigste vulstasie op die dorp skiet jy dan links na Gwahumbe.

Bel vooruit en bespreek plek in ’n eenheid waar kamerdiens verskaf word, of as jy saam met ’n groep avontuurlustiges is, bespreek die hele boskamp wat slaapplek het vir tien mense.

Die hek is onbeman, maar die ontvangspersoneel laat jou inkom wanneer jy die interkomklokkie lui. Wanneer jy deur die hek is, sal jy ’n paadjie al langs die heining aan die linkerkant sien – dis die een wat jou by die rivier en piekniekgrot sal uitbring. Maar hou vir eers reguitaan, hou regs by die vurk en volg die pad tot by die ontvangskantoor, waar jy met ’n verfrissende warm handdoek verwelkom sal

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep11 min read
Haak, Oos-Vrystaat!
Om die een of ander duistere rede bestaan die persepsie dat die Vrystaat vaal, plat en vervelig is, maar dit is ’n wanindruk, een wat sommige Suid-Afrikaners die provinsie net in die verbyry laat ervaar. As jy byvoorbeeld ’n Gautenger is, ry jy waars
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges

Related