Weg!

NIEUWOUDTVILLE SE TUIN SPRANKEL

Vir die grootste deel van die jaar dra Nieuwoudtville nie sy josefskleed nie. Nee, dié dorp dra eerder two-tone-kakie; die kleur van droë grond en vaalgroen bossies wat onder jou voete knars. Die riviere vloei nie en die Nieuwoudtville-waterval se sluier lê in ’n vlak poeletjie onder in die kloof.

Maar ná die winterreën is dit ’n ander storie. Hardgebakte rivierlope loop, watervalle val, verlate strate woel van toeriste en rook dwarrel bo kosstalletjies. En talle blomroetes vertak soos ’n spinnerak veld-in.

Die meeste besoekers probeer die hele blomstreek – van die Weskus tot Namakwaland – in ’n week inprop. Maar blomme is wispelturig, en as jy van ’n plaat blomme hoor, moet jy jaag. Op die ou end bring jy die meeste van jou tyd in ’n kar deur.

Doen dinge anders vanjaar. Bly op een plek. Leer ken die mense en die stiller paadjies. Nieuwoudtville het van die mooiste blomme en ’n klomp netjiese gasteplase met roetes. Bespreek ’n huisie waar jy uit die bed kan rol en sommer met ’n koppie koffie in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg11 min read
’n Gids Tot Die Hibiskuskus
Dis Februarie aan die KwaZulu-Natalse Suidkus en ek kom kyk wat gebeur alles tussen Port Shepstone en Port Edward. Hier is min verkeer, min mense langs die see en ek sukkel glad nie om parkeerplek te kry nie. Ek’s dankbaar (dis immers die stil seisoe
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related