Weg!

Klouter die Kaapse Kili

Ek’s seker dié roete het al menige stapper van sy stokperdjie laat afsien,” sê Wadda Louw peinsend op die eerste dag van die Arangieskopstaproete. Ons het nog net 5km gestap en agter ons lê reeds drie, vier of vyf groot heuwels – ons het lankal ophou tel – en voor ons wag nóg. Robertson lê vergete in die verte en Arangieskop troon stil en betowerend bo ons uit.

Arangieskop in die Dassieshoek-natuurreservaat is deel van die Langeberg en sy hange het ’n ooraanbod van mooi natuurtonele: plate suikerbosse, groen woude, varings, kabbelende stroompies, duiselingwekkende rotshange, en ’n wind bo-op die berg wat hartseer huil.

Ek stap saam met Wadda, Charl de Wit, Roland Truter, Gerrit van Deventer en Francois Albertyn. Ons is minder dapper as die groepie in J.R.R. Tolkien se The Lord of the Rings, ’n boek waarna ons telkemale op die staptog verwys, wat Mordor toe gepiekel het om ’n ring in die Mount Doom-vulkaan te gooi.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
V & A
DENISCHKA UYS van Durbanville skryf: Ek het hierdie spinnekop in ons tuin gesien. Dit het vir ’n paar dae op dieselfde plek gesit en daar was babaspinnekoppe in kleiner webbe rondom dit. Watter soort spinnekop is dit? Die insekkenner DUNCAN MACFADYEN
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related