DIE WAGKAMER
Skielik loop haar bankrekening mank. En kort voor lank sal dit nie eens kan loop nie. Daar flits waarskuwings van die bank se kant af op Ronél se skootrekenaar. En sy weet. Twee maande al word haar bankrekening deur ’n aftrekorder geplunder. Sy het ’n seun wat te veel hooi op sy vurk het en daardie besigheid van hom moet nou gestut word, buig of bars. “Net sewe maande, Ma,” het hy gepleit. “Dan kry ek geld wat my toekom.”
“Goed, my seun.” Maar elders, besef sy, sal sy nou moet inkrimp en sy weet presies waar dit sal wees.
‘ONS HET SOVEEL IN HIERDIE TYD VERRIG, RONÉL. EK IS TROTS OP JOU. JY’S MY SUKSESVERHAAL.’ HY PERS SY LIPPE BEWOË SAAM. ‘EK HET SOVEEL BY JOU GELEER. EK IS SOMMER OP MYSELF TROTS’
Die droefenis. Die afgelope elf maande raadpleeg sy ’n sielkundige, Jan Crause, wat ’n klein wonderwerk in daardie spreekkamer met haar verrig het. Die bonskarre van haar kinderjare, haar afwesige pa, die tuimeltrein van haar tienerjare, die slaggate in haar huwelikspad met Dirk, haar dierbare man wat agtien maande gelede heen is. Dit is seker die hoofrede waarom sy by Jan kom aanklop het. Tot onlangs toe betaal
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days