SY IS dalk Suid-Afrika se gewildste toekomstige skoondogter. As Brendan Peyper dan nie in haar sien wat die ganse land sien nie, sê hulle in hul menigte, wil hulle dié skooljuffrou van Potchefstroom as vrou vir hul seuns hê.
En dan is daar jong meisies wat daarvan droom om ’n skoonsus soos sy te hê. Op straat word sy voorgekeer vir foto’s en handtekeninge. Vrouegroepe nooi haar om by geleenthede te kom optree.
Die Rachelle-gier het begin kort nadat die gespierde vrygesel en sanger 12 vroue gekies het om saam met hom tyd deur te bring in die omgewing van die Uitzichtwildreservaat in die Oos-Vrystaat vir die maatsoekreeks Op my eish!
Briefskrywers het van vroeg af die sleutelborde gelooi: Dié een is te aanstellerig of dáái een