Kuier

AANLYN QUEENS WAT VERMAAK ÉN INSPIREER

Die woord “influencers” het al deel van ons alledaagse woordeskat geword. Daar is deesdae influencers vir elke gier en smaak, en die drie vroue op Kuier se voorblad staan beslis hulle plek vol as sosiale mediasterre met ware invloed – vroue wat hul paadjies uitgekerf het in die lewe, in hul loopbaan en gemeenskappe.

Dis ‘n bedrywige en gesellige atmosfeer wat heers in die ateljee in Kaapstad toe Veronique Jephtas, ds. Farren Cloete en Rasheeqah Karriem-Hock bymekaarkom vir ons glansryke fotosessie. En een ding is seker: Dié vroue ken hul angles! Met elke kliek van die kamera doen hulle hul ding en is ‘n hit, kompleet nes alles wat hulle aanraak op social media. Hulle weet ook presies wat hulle wil hê – of dit nou ‘n perfek-gedraaide kopserp is, ‘n bos krulle wat op die kop gestapel word, of ‘n signature rooi lip wat aangeverf moet word!

Al drie het uiteenlopende geaardhede, maar ‘n unieke presence aanlyn. Kuier gesels met die vroue agter die video's, sêgoed, glam looks en vlamvat-loopbane.

VERONIQUE JEPHTAS

As sy by ‘n vertrek instap, vang daai bruin krullebos eerste jou oog, maar dis haar skerp tong en skerper brein wat jou bybly.

Veronique (27) is ‘n aktrise, digter, skrywer, aktivis en influencer, en sy laat haar TikTok-followers kraai van die lag met haar skreeusnaakse alter ego, Belinda Louw.

Sy is van kleins af al nie op haar mond geval nie, sê sy. “As kind was ek bekkig met ‘n bos hare; glad nie skaam nie. Ek was altyd besig met ‘n optrede, recital, toespraak of ‘n gesingery. Ek het altyd diary entries gemaak en altyd geskryf,” sê sy.

As vierjarige het sy al geweet die verhoog is waar sy hoort. En haar ouers, Mario (48) en She-Earl Martin (46), het haar ten volle ondersteun. “Ek het altyd meer geweet as wat ek moes. My oupa Jan Williams, wat in 2022 afgesterf het, het my sterk genoeg gemaak vir ‘n wêreld wat vroue se kennis wil minag. Ek het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Fotoblokraai
NR. 311 WEN R350 KONTANT! VOLTOOI: Sy's ‘n dominee op Lambertsbaai met baie aanlyn followers. SKRYF SÓ IN: Vul die Fotoblokraai korrek in, skryf die letters in die kleurblokke neer en gebruik dit om die antwoord te ontrafel. SMS jou antwoord, naam, v
Kuier4 min read
Wat Die Hart Van Vol Is
Net voor ek moes skool toe gaan het dokters en familie gesê dis beter as ek na ‘n spesiale as ‘n hoofstroomskool gaan weens breinbeserings wat ek in ‘n motorongeluk opgedoen het. Ek was net twee jaar oud en die skade het my linkerkant verlam. Maar my
Kuier4 min read
Whatsapp: dink Voor Jy Praat
Jy is óf mal daaroor óf dit dryf jou teen die mure uit. Dis nou “voice notes”, oftewel daai stemboodskappe wat jy op geselsplatforms soos WhatsApp kry. Maar hoe ook al jy daaroor voel, daardie blikstemme oor jou selfoon gaan nie sommer stilraak nie.

Related