Landbouweekblad

Briewe

POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com

WENBRIEF

LBW haar pa se ‘storieboek’

In November laas jaar is my pa skielik oorlede. Hy was jare lank ’n boer op Laingsburg en het elke uitgawe van Landbouweekblad gelees. LBW is amper sinoniem met hom, want dit is een van die min tydskrifte wat hy gelees het – van voor tot agter, nes ’n storieboek.

Sy naam was Christoffel Hendrik van Zyl. Hy het met olywe, asook skape en uiesaad geboer op ons Karooplaas – eers Kleingeelbek en toe later verander na Makarios (dit beteken geseënd). My ouma het vir hom ingeteken om elke uitgawe van LBW te ontvang en sy boekrak was vol daarvan.

In 2002 was daar in die tydskrif ’n artikel oor ’n uiesaadskoonmaker wat hy ontwerp en gebou het om die proses van saadverwerking te vergemaklik en vinniger te maak.

Hy het ook dat ons kinders vir al die wonderlike kompetisies inskryf. Natuurlik wou ons mos ’n quadbike wen, so briewe het ons geskryf!

Gewen het ons nou nie, maar ek onthou die dag toe my pa my was oop by daardie week se kinderbriefplasings om die te wen. My brief en my prentjie het lekker groot op een van die blaaie gepronk. My pa se trots en vreugde was beslis meer werd as enige vierwielmotorfiets.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Pryse Bestendig
Die mark bly stabiel. Warmer weer en goeie reën help om weiding te verbeter. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.
Landbouweekblad8 min read
Plaasverkope
LUIPAARDSVLEI (246), 26 ha, aan die Republiek van Suid-Afrika, van Bosasa Prop (Edms.) Bpk., R69 000 000. VORSTERSKRAAL (669) , 656 ha, aan JJ van Niekerk-trust, van Tygerfontein Boerdery (Edms.) Bpk., R12 775 000. HONINGKLIP (178), 21 ha, aan Multi
Landbouweekblad1 min read
Nasionale Veiling 2023
Die hoogtepunt van die jaar bly maar die Algemene Jaarvergadering, dinee en dan die Nasionale Veiling. Die Algemene Jaarvergadering was baie goed bygewoon deur ons telers. Daar is belangrike punte behandel, groot besluite is met deursigtigheid en goe

Related