Weg! Ry & Sleep

Pure plaasplesier

Daar is ’n tyd en plek vir alles. Soms is dit lekker om die kinders te bederf en by ’n oord in te trek met hemelhoë waterwurms, interessante minigholfbane en warm swembaddens. Ander kere is ’n mens nie in die luim vir dié soort uitbundigheid nie; dan trek jou hart ’n punt na ’n wegkruipplek diep in die bos. Dis net die regte medisyne, veral as jou alledaagse bestaan jou so stukkie vir stukkie begin onderkry.

Dieselfde soort medisyne kry jy as jy op ’n plaas kamp. Die stille natuur is waarna jy die meeste smag en as daar iets te doen is, doen jy dit saam met jou hartsmense. By albei die plekke waar ons ingeloer het, het ’n paar van die kampeerders mekaar geken en dit was duidelik dat gehaltetyd met mekaar die grootste prioriteit was.

Goudkop is geleë tussen Citrusdal en Elandsbaai. Dis Sandveld dié – aartappelwêreld – en ons draai sommer wyd om ’n trekker met ’n sleepwa vol aartappels toe ons by Goudkop indraai. Lylius, weer, is boegoewêreld – geleë in ’n berglandskap tussen Citrusdal en Clanwilliam.

Op albei plase word met rooibostee geboer, en elkeen bied aan kampeerders ’n unieke ervaring.

GOUDKOP

Die gat en die kop

Goudkop se kampplek is amper bo teen ’n rantjie, en ’n mens neem sommer aan die naam het iets te doen met dié koppie, maar dit is nie die geval nie.

Die regte koppie is aan die oorkant van die grootpad, en dit is een met ’n interessante geskiedenis. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het twee ouens glo hier kom wegkruip in ’n poging om die oorlog te vermy. Hulle het aan die voet van die koppie ’n tonnel gegrawe sodat hulle daar kon wegkruip, maar toe ontdek hulle

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges
Weg: Ry & Sleep3 min read
Wat Wag In 2024?
Die X2 is sedert Maart vanjaar beskikbaar en daar is altesame vier modelle: Die volledig elektriese iX2, die vlagskip-M35i xDrive, die sDrive 19i en die dieselaangedrewe sDrive 18d. Die iX2 gaan nie in Suid-Afrika verkoop word nie, en volgens BMW se
Weg: Ry & Sleep11 min read
Haak, Oos-Vrystaat!
Om die een of ander duistere rede bestaan die persepsie dat die Vrystaat vaal, plat en vervelig is, maar dit is ’n wanindruk, een wat sommige Suid-Afrikaners die provinsie net in die verbyry laat ervaar. As jy byvoorbeeld ’n Gautenger is, ry jy waars

Related