Landbouweekblad

Oudvalskermsoldaat ’n aanwins in voerkraal in Amerika

Brief uit die buiteland

Hy laat hom nie afskrik deur ’n paar veesiektes en temperature van tot -40 °C nie. Trouens, ’n mens kry die indruk JJ van der Merwe verkies dit as dinge taai raak. Saam met ’n grondige kennis van veegesondheid en -hantering, en ervaring as vragmotorbestuurder, is dit hierdie ingesteldheid wat JJ ’n aanwins maak vir sy Amerikaanse werkgewer, Jim Aschoff van Aschoff Farms by Plainview, Nebraska.

Vertel ons van die boerdery en die omgewing waar jy werk.

Aschoff Farms voer sowat 6 000 kalwers – swart en rooi Angusse, of black steers soos hulle hier genoem word. In die winter daal die kwik soms tot -40 ºC. Dit is in hierdie ysige weer dat ek elke oggend opstaan en ál die beeste deurkyk om seker te maak almal is gesond. Selfs Jim staan dikwels verstom oor my vermoë om die koue buitelug te trotseer.

Die Amerikaners gebruik ’n cow catcher, ’n vanghok wat voor op ’n laaigraaf gemonteer is, om individuele siek beeste in voerkrale te vang. As ek sien ’n bees lyk nie lekker nie, gaan haal ek die cow catcher om die dier te vang en te behandel.

Die voerkraal is uiters modern. Die vloere is só ontwerp dat diere se mis deurval

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related