Hoe het jy in die afslaersbedryf beland en hoe lank is jy al ’n afslaer?
Ek is nou 46 jaar ’n afslaer. My pa, ook Jan, het vir PJ du Plessis op Naboomspruit, Limpopo, beeste vir veilings bemark. Ek was in die Hoër Landbouskool Wagpos op Brits op skool.
Ná matriek het ek in die Springbok-slaghuis op Naboomspruit vir Sakkie van der Walt gewerk toe my pa pankreaskanker