Hoe het jy in die afslaersbedryf beland en hoe lank is jy al ’n afslaer?
In die oorgangsjaar tussen weermag en universiteit het my pa, Willem, vir my gesê ek moet ses maande lank by veeboere in KwaZulu-Natal werk. Dit gebeur toe dat ek op ’n veiling beland waar die afslaer siek was en ek veil toe die beeste op. Ek