Hoe het jy in die afslaersbedryf beland?
Ek het in 2014 by Karoo-Ochse Vryburg begin werk. My pa, Atha sr., besit die maatskappy en hy het vir my gesê ek moet alles van die onderneming weet, dus het ek heel onder begin.
Ek het eers buite by die veilingskrale gewerk waar ek agente gehelp het om die beeste te klasseer en in die krale te sit. Daarna het my werk binnenshuis verskuif en