Hoe het jy in die afslaersbedryf beland?
Ek het op ’n plaas grootgeword en as kind altyd veilings toe gegaan. Dit was interessant en ek het die afslaers se klank geniet. Ná skool het dit my ’n tydjie geneem voor ek geweet het wat ek wil doen en het besluit om as vakleerling in die afslaersbedryf te werk. Ek het in die Vryburg-omgewing kleinvee opgeveil en is daarna Pretoria toe waar