Huisgenoot

EN TOE WEN DIE LIEFDE

IN DIE temaliedjie vir Arendsvlei sing sy van “liefde en leed”. Maar die liefde het haar jare lank ontwyk.

Dit was lank leed wat soos haar hart se beste maat gevoel het.

Leed was deel van haar storie. As sy in die nuus was, was dit dikwels oor die stormagtige verhoudings met mans wat haar talent oorskadu het.

Maar deesdae sing die talentvolle sangeres ’n ander deuntjie. Een van liefde, hoop en ’n blink toekoms vol vreugde.

Want Karin Kortjé (44) het oplaas “Die Een” ontmoet en einde Desember getrou.

Toe Karin, ’n vrugteplukker van Grabouw in die Wes-Kaap, in 2005 as wenner van Idols gekroon is, was dit soos ’n sprokie wat waar geword het. Nou, 19 jaar later, het haar tweede sprokie begin. Een met haar eie prins, Angelo Makka, daarin.

En nou hoef sy nie meer te sing van leed nie. Sy sing net van liefde.

KARIN wag Huisgenoot sommer self in toe ons net ná een op ’n sonnige Woensdagmiddag, 20 Desember, by die Kronenburg-landgoed buite die Paarl instap om saam bruilof te hou.

“My senuwees skop nou eers in!” sê die sangeres vrolik. “Ek kan nie glo die dag is eindelik hier nie.”

Terwyl die grimeerkunstenaar en ontwerper Veon Wentzel,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Van Naïef Tot Kragdrag
DIE modereeks waarvan sy nou amptelik die gesig is, sluit in kantoordrag, oorjasse, rokke en selfs ’n skouersakkie wat na haar vernoem is, die “Monica”. Al dié klere is volgens die vervaardiger ontwerp om die beeld van ’n sterk vrou uit te straal, ee
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
Huisgenoot Sê
POST MALONE EN MORGAN WALLEN Sy gesig vol tatoes kan dalk vir baba bang maak, maar sy rap en sang bekoor. Kyk nou maar hoe dié eksentrieke Amerikaner se duet met die countryster Morgan Wallen die rekords laat spat! “IHadSomeHelp” wasindietweedeweek v

Related