IN ’N Bok-huis kan daar mos só gou ná die epiese Wêreldbekertriomf in Frankryk net een tema vir ’n kinderpartytjie wees. Dié dat Franco Mostert en sy gesin se eetkamertafel vol groen kardoesies lekkernye staan toe Huisgenoot daar instap.
Eintlik sal klein Juan-Henke eers op 21Desember sy tweede verjaardag vier, maar die gesin vertrek binne dae na hul “ander” tuiste in Japan. Daarom het hulle sommer nou vir die Jakarandastadmaatjies ’n partytjie gehou. “Ons squeeze nou maar alles in,” lag sy ma, Juan-Ri.
En Boetie, soos die jongste Mostert genoem word, en sy sussies Joia-Belle (6) en Jemi-Mílja (4) gaan beslis nie kla om oor ’n maand weer sy verjaardag daar in die land van kersiebloeisels te vier nie.
Dis skaars drie weke ná die eindstryd teen die All Blacks en daarna die warrelwindtoer op die Bok-bus. Jy sou dink