Huisgenoot

FEMME-TASTIES

OP DIE veld is dit bloed, sweet en spiere, maar ná elke rugbywedstryd wag ’n omhelsing van ’n geliefde.

Die Springbokke se “WAGs” – die “wives and girlfriends” – is hul heel grootste ondersteuners en altyd agter die skerms daar om die manne in groen-en-goud aan te moedig.

Terwyl die Bokke nou in Frankryk aan die Wêreldbeker deelneem, staan die vroue in hul lewe vas agter hulle.

Huisgenoot gesels met ’n paar van die vroue wat die Bokke vandeesmaand ná elke wedstryd met ’n je t’aime gaan inwag.

EZEL VERMEULEN

Duane Vermeulen se vrou

Vanjaar se Wêreldbeker sal die derde wees wat Ezel aan die sy van die agtsteman bywoon – en dié keer gaan die Vermeulens se spruite behoorlik in die opwinding kan deel.

In die 2015-toernooi in Engeland was Duane en Ezel se oudste, Anru (10), nog te jonk om die rugbydinge te verstaan, en kleinboet Zian (6) nog nie eens gebore nie. En in 2019 was die seuns nie saam Japan toe nie.

Maar dié keer kan die hele gesin saamgaan – en dit is vir almal baie spesiaal omdat dit Duane se swanesang sal wees.

Om homself geestelik vir ’n wedstryd voor te berei moet Duane sy sak drie keer pak, verklap Ezel. “Dan gaan sit ek.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Babbel Voort Aanlyn!
Twee prettige seisoene van Die Babbelbende is aanlyn op huisgenoot.com te kry. In dié Afrikaanse kinderreeks ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd die interessante dinge wat ons wêreld so wild, woelig en wonderlik
Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot3 min read
Skone Slaap
AS ’N skoonheidskrywer en ma van twee is dit nie altyd maklik om tyd in die dag te kry om ’n 20-minuut-gesigmasker of haarbehandeling aan te wend nie. Dis hoekom skoonheidsprodukte wat werk terwyl ek slaap veel aanlokliker is. Ons vel gaan ’n vernuwi