Huisgenoot

BOK EN SY BLAAR WEER BYMEKAAR

‘ONS IS SO GOED WANNEER ONS BY MEKAAR IS, MAAR DIE LANGAFSTAND MAAK DIT MOEILIK’

HULLE is ’n droompaartjie – die Wêreldbeker-rugbyheld wat nie skroom om ’n prins in ’n swembroekie te ontmoet nie, en sy platop-die-aarde-Noord-Kaapse meisie.

Trouens, die Springbokskrumskakel Faf de Klerk en Miné van Niekerk pas op die oog af so goed by mekaar met hul eenderse blonde lokke en skitterwit glimlagte dat hulle gereeld moet hoor hulle lyk soos broer en suster.

Maar ’n langafstandverhouding in die tyd van die pandemie is geen grap nie, en ja, hulle het verlede jaar vir ’n ruk uitgemaak, erken Faf en Miné vandag.

Met die Bok wat in Manchester, Engeland, rugby speel en woon, en Miné wat op Postmasburg as apteker werk en woon, was dit allermins aldag gelykpad.

Maar ná ’n onlangse versoening weet hulle nou: Die lewe is lekkerder as hulle saam is.

“Ek sal haar altyd liefhê, maak nie saak wat gebeur nie,” sê Faf (29). “Dit was net nog altyd daar. Toe ons vir daardie paar maande nie gepraat het nie, het dit begin makliker word, maar nou ja, nou het sy my weer gevang!”

Pols jy hulle oor hul pad vorentoe, is die twee steeds

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot4 min read
Nog Altyd ’n Ster
OP ’N dag in 2005 het sy in haar volgepakte Toyota Tazz die langpad van Grabouw na Johannesburg aangepak. Sy was 25, met ’n kop vol drome en geen plan B nie. Maar haar wit tjor se nommerplaat het sy as ’n goeie voorteken beskou: CEO, “soos in chief e
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr

Related