Vroue verklap Bok-geheime
![sarieza1910_article_044_01_01](https://article-imgs.scribdassets.com/2wtbt2tm687n9hp1/images/file8KG6AF0H.jpg)
Só sê vroue in Bokke se lewe . . .
SASKIA REDELINGHUYS, navorsingsassistent aan die Universiteit van Pretoria se handelsfakulteit
RG Snyman is vir niks bang nie, positief en sy hart is terselfdertyd baie groot en baie klein, sê Saskia, sy verloofde.
“Hy is nie skaam om sy gevoelens te wys nie. En hy is warm en sal enigiets vir vriende en familie doen, al is dit om hul kinders se rugbywedstryde by te woon of sy sussies by die universiteit tussen hul klasdrawwery te besoek.”
Die Bok-slot is mal daaroor om te fliek en Step Brothers tel onder sy gunstelinge. “Hy het ook die fliek Vuil wasgoed, vol goeie humor en skop-skiet-en-donder, en met Bouwer Bosch en Bennie Fourie in die hoofrolle, baie geniet. Afrikaanse musiek van Spoegwolf en Straatligkinders kry sy regmerkies, en hy het ’n skerp humorsin, veral met woordspeling.”
RG self is ’n grapjas. Voor wedstryde trek hy die spelers se been en hou die atmosfeer lig. “Ná ’n wen woel die adrenalien en hy kan nie slaap nie. Dan kuier ons met vriende – ek geniet ’n glasie wyn en hy brandewyn.”
![sarieza1910_article_044_01_02](https://article-imgs.scribdassets.com/2wtbt2tm687n9hp1/images/file9WJAL49L.jpg)
LAYLA KOLBE, geoktrooieerde rekenmeester en ma van een, Toulouse, Frankryk
“Babe” of “Cupido” noem Layla haar man, die Springbok-vleuel , en hy noem haar “Chessybabes”. “Voor elke wedstryd bel hy my en Kylah (2), die punt van sy hart, en sy pa. En as hy lank weg is, maak hy elke aand om seweuur ’n video-oproep om vir Kylah.”
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days