Landbouweekblad

Die vreemdheid van veilings

Die afslaer dreunsing in ’n dialek wat niemand verstaan nie, maar almal maak asof hulle elke woord ten volle begryp. Doodnormale ooms raak die kluts skoon kwyt en koop goed wat hulle glad nie nodig het nie teen absurde hoë pryse. (Die oom se lyftaal agterna wys presies wat ons almal dink: Hemel, wat gaan die tante vanaand sê?) Ingewikkelde tegnologie, soos weervoorspellingstasies en alternatiewe kragstelsels, word verhandel teen verspot lae pryse.

Markkragte geld selde op ’n veiling. Pryse is ’n raaisel wat bepaal word deur onbekende faktore, terwyl kopers en verkopers (wat mekaar normaalweg nie kan verdra nie) heeldag saamkuier soos beste vriende.

’n Mens kry baie soorte veilings. Daar is eksklusiewe stoet- en wildveilings waar die pryse gewone mense se oë laat traan. Die indeks van die stoetbulle is langer en indrukwekkender as die stamboeke van koninklike

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related