Huisgenoot

HUIS VAN RILLERS

DIT was soos ’n romantiese fliek wat oornag in ’n riller ontaard het.

Eers ’n vriendskap wat versigtig-versigtig iets meer word, boodskappe waarin liefde betuig word – en toe, meteens, ’n dwelmnes, ’n klopjag, alkoholmisbruik, dreigemente en agtervolging.

Nou het Ashleigh Ogle (33) besluit om haar stilte oor haar verhouding met die rugbyspeler Elton Jantjies (33) te verbreek.

Sy is deur hel, maar dis ’n stil Ashleigh wat in Media24 se kantoor voor ons sit.

Sy was eers huiwerig om met ons te praat – sy sê sy leef reeds weke lank in vrees.

“Ek het op 19 Oktober uitgevind Elton het my laat agtervolg,” vertel Ashleigh.

Voor haar op die tafel lê sjokolade, salami-en-kaashappies en samoesas, maar dis asof sy hulle nie raaksien nie omdat sy haar storie wil deel voor sy moed verloor.

Sy ken Elton al so 13, 14 jaar. ’n Vriend het hulle nog aan mekaar voorgestel.

Elton het geweet Ashleigh was in ’n verhouding, en het dit glo gerespekteer. Hulle was bloot vriende wat deur die jare kontak met mekaar behou het.

“Hy was altyd die een wat na my toe uitgereik het om te vra hoe dit gaan. Ek het nooit eerste uitgereik nie. Ons het deur die jare baiekeer saam gaan uiteet. Maar net as vriende omdat ek ander mense respekteer.”

Hy was immers getroud met Iva Ristic, en hy was die pa van klein kindertjies.

Sy beduie met ’n halwe samoesa in die hand terwyl sy vertel sy het geweet Elton was getroud en het daarom altyd haar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Toets Jou Kennis
1 Wat was die naam van die motor in die TV-reeks Knight Rider? 2 In watter eilandgroep sal jy die eiland Tenerife aantref? 3 Watter voedingstof ontbreek waarskynlik van iemand se dieet as hulle kwasjiorkor kry? 4 In watter posisie het Deon Fourie vir
Huisgenoot2 min read
Het Jy Geweet?
Deesdae is daar twee supergewilde klanklogo’s. Die een is Netflix se “ tudum”-geluid en die ander is TikTok se kenmerkende klankie. Dis wat jy aan die einde van elke TikTok hoor. Die maatskappy het dit ontwikkel om ’n unieke identiteit te gee wat hul
Huisgenoot3 min read
Vra Vir Irma
V Ek het ’n wonderlike, pragtige dogter, maar sy’s tog so ongelukkig. Sy’s nou 44 jaar oud en het ’n seun met baie goeie maniere. Sy was nog nooit getroud nie, maar was in ’n paar lang verhoudings. Sy verdien haar eie salaris en lê nie in kuierplekke

Related