Huisgenoot

BRIEWE UIT DIE TRONK

DWARSDEUR die lang maande sedert haar lewe op ’n Thaise paradyseiland eensklaps in ’n nagmerrie verander het, het die jong blondekop moed gehou dat haar dae agter tralies binnekort verby sou wees.

Ashley Oosthuizen (23) het vas geglo dat sy op aanklagte van dwelmhandel onskuldig bevind sou word – sy is immers in hegtenis geneem nadat sy by die restaurant waar sy gewerk het namens ’n kennis ’n pakkie ontvang en daarvoor geteken het, min wetend dat dit dwelms bevat, het sy volgehou.

“Die verhoor het goed gegaan, en hulle kan my net eenvoudig nie opgesluit hou vir ’n misdaad wat ek nie gepleeg het nie! Dis absurd,” skryf die jong Suid-Afrikaner in ’n brief aan haar geliefdes kort voor uitspraak in die hof op die idilliese eiland Koh Samui gelewer is.

In die hof is sy van die besit van dwelmmiddels asook van die internasionale handel met die doel op die verspreiding daarvan aangekla – oortredings waarvoor ’n mens in Thailand die doodstraf of lewenslange gevangenisstraf opgelê kan word. Maar toe Ashley haar vonnis aanhoor, was die skok so groot dat sy flou geword het. “Nadat ek die woorde ‘lewenslange tronkstraf ’ gehoor het, het my hele wêreld swart geraak. Ek was net so verpletter. Ek het net desperaat gebid en vir God gevra: Waarom het Hy my verlaat?” skryf Ashley in ’n brief aan haar ma, Lynn Blignaut, van George in die Wes-Kaap, dae nadat sy op op 18 Augustus verlede jaar gevonnis is.

Die lot

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Hy gaan op 72 deur ’n rowwe tyd weens rugbeserings, sê Leon Schuster. Maar hy maak grappies deur die pyn – en hy gáán nog sy droomfliek maak My prins, ek love jou en bid vir jou. Wees sterk my ou en beweeg, staan op, beweeg. My liewe grapjas, hou net
Huisgenoot6 min read
Tuindoepa
ALLES is in skakerings van groen. Swartgroen struike groei welig in die skadu van die fluoressente geelgroen koorsboom. ’n Groepie unieke blougroen broodbome word deur olyfgroen siergras omsoom. Eenkant groei die skoonma-se-tong. Geharde blaartonge k
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related